Ek is seker jou kind het jou nog nooit frustreer met hulle
gedrag nie. Jy hoef nog nooit jou stem te verhef het omdat jou kind net nie wil
luister nie. Nee ek is seker jy sukkel nie met kinders wat aanhou doen wat
hulle wil al het hulle reeds hoog en laag beloof dit was die laaste keer. Jy het seker ook glad nie daardie seer gevoel
van verraaiing al beleef nie. En jy sal nooit vanuit jou emosie op tree nie.
Nee, ek is seker dis net ek wat sukkel om myself kalm te hou en dink voordat ek
optree.
Die samelewing sê al lank vir ons: Jy moenie jou kinders STRAF nie, jy moet hulle DISSIPLINEER, maar wat beteken dit? Wat
is dan die verskil? Straf leer vir die kind dat hy vir oortredings moet vergeld. Dit is
negatief gefokus op die verlede, bv, “Jy het dit, dit en dat verkeerd gedoen en
nou gaan jy boet”. Dit veroorsaak skuldgevoelens. In kort, dit is heeltemal
teenstrydig is met die teologie van God se genade.
Dissiplineer, aan
die ander kant, is meer soos positiewe rigting aanwysing en toekoms gefokus. Dit
leer kinders dat hulle optrede wel gevolge het, maar nie dat hulle daarvoor
hoef te vergeld nie.
Hoe kan ons ‘n verhouding met God hê op gronde van genade en
met ons kinders op grond van oordeel? Dit was vir my ‘n “eye-opener” toe ek dit
die eerste keer lees. Ek voel hierdie is ‘n onderwerp waaroor daar nog baie te
sê kan word. Wat dink julle van die stellings wat gemaak is?
Straf jy of dissiplineer jy?
No comments:
Post a Comment