Dit is maklik om
met vandag se samelewing, onwetend kinders vanuit vrees groot te maak. Reëls en
perke word soos mure om die kind gebou en hul word soms selfs verbied om met
sekere mense of aktiwiteite te assosieër. Dit is die ouer se manier om die kind
te beskerm van enige seerkry.

Dit is nutteloos
om vanuit vrees te regeer en alle gevare wat die lewe dalk mag in hou te
probeer keer. Ons het God se perspektief op ons kinders nodig en omdat Hy self
ook ons Hemelse Vader is, is Hy die beste bron om by te leer. Ons kyk volgende week na vier spesifieke
grondebginsels wat ons moet verstaan om ons en ons kinders te help.
Groete,
Astri
Dankie vir die baie waardevolle inskrywing! Ek besef dat ek baie 'teachable' moments mis, omdat ek eerder net my kind seer/teleurstelling wil spaar. Ek sien uit na volgende week se 4 stappe :)
ReplyDelete