Om ‘n kind te
wees in vandag se samelewing is nie maklik nie. Dit gesê is ouerskap in vandag
se samelewing ook nie vir ‘sissies’ nie. Families lyk nie meer soos wat dit destyds
gelyk het nie; meeste gesinne vandag is saamgestelde gesinne of enkelouer-gesinne
en dit raak net moeiliker om almal aan die gang te hou. Die lokvalle in vandag
se tyd is net soveel meer en ons moet vandag se kinders se leefwêreld verstaan.
Dit verg finominale wysheid en dissipline om jou kinders vir vandag se lewe toe te rus. Konstante verandering en onsekerheid, Mixit, BBM, oordosisse informasie en maklike toegang tot hierdie informasie, groepsdruk, dwelms en seksuele losbandigheid is alles dinge wat kinders vandag in die oë kyk. Om kinders te leer om ‘n lewe te lei wat God behaag en gefokus op Christus te bly in alle omstandighede is nòg moeiliker en dan word die vraag gevra: Is dit nog moontlik vir jou kinders om op ‘n godvresende, verantwoordelik en eerbare wyse te leef in so ‘n chaotiese wêreld? Is daar hoop om ‘n effektiewe en suksesvolle ouer te wees in vandag se tyd?

Chip Ingram se boek is beskikbaar by CUM op aanvraag.
ReplyDelete