“Juffrou, ek het gister middag ballet gedoen
en vanmiddag het ek hokkie en dan perdry en ek het hierdie naweek ‘n groot
model kompetisie en, en, en...”
Hierdie is algemene stories by die skool waar ek bedien, en dan dink ek net: Wie doen dit? Wie ry heeldag rond vir balletklas, perdry, hokkie, model en wie weet wat nog? My ma sou net gesê het, “Nee”. Maar hierdie beskryf hoe ‘n middag lyk vir ten minste drie kwart van die ouers wat ek ken.
Chip Ingram vertel in sy boek dat al hierdie ekstra buitemuurse aktiwiteite goed is vir ons kinders, maar dat dit nie die doel van ouerskap is nie. God vertrou ons met ons kinders om vir hulle ‘n voorbeeld te stel van hoe ‘n mens lyk wat voluit vir Christus leef; om in hulle ‘n passie te kweek vir Christus wat hulle ‘n leeftyd sal hou. Ouerskap gaan nie daaroor om jou kinders gelukkig te maak nie, maar om hulle te leer om heilig te wees. Uitgesit vir God. Dit gesê, sal ouers wat kies om hul kinders op so wyse groot te maak vinnig gekritiseer word, want “jy ontneem jou kinders”.
‘n Vraag kom dan na my toe, as daardie kind na aan die Here leef, is dit dan nie God wat die deure sal oopmaak nie, of hoe? Wat is julle ervarings? Wat dink julle van die stelling dat kinders nie gelukkig hoef te wees nie, maar wel heilig?
Groete,
Astri
No comments:
Post a Comment