Sondag 18 Oktober, God sorg vir MY.
"Hy neem toe die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en dank, en Hy breek die brode en gee dit aan sy dissipels om dit aan hulle voor te sit. Ook die twee visse het Hy onder almal verdeel. En almal het geeët en versadig geword.” - Mark 6:41, 42
Liewe Pappa en Mamma,
"Hy neem toe die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en dank, en Hy breek die brode en gee dit aan sy dissipels om dit aan hulle voor te sit. Ook die twee visse het Hy onder almal verdeel. En almal het geeët en versadig geword.” - Mark 6:41, 42
Liewe Pappa en Mamma,
Jou kleuter het Sondag nog verder in die voetspore van Jesus gestap. Hulle het geleer oor die vermeerdering van die vyf broodjies en twee vissies. Ons het gefokus op hoe God vandag nog in alles wat ons nodig het voorsien. Hy sorg elke dag vir ons en dis altyd genoeg.
Aktiwiteit: Maak 5 vissies en 2 broodjies uit karton, sit aan elkeen ‘n skuifspeld. Maak ook ‘n visstok met ‘n stokkie en bind ‘n lang toutjie daaraan vas. Bind ook ‘n magneet aan die onderkant van die stokkie vas. Vang elke dag ‘n vissie of broodjie en dan gesels julle oor iets waarvoor julle kan dankie sê.
Fokus op al die vanselfsprekende dinge waarin God elke dag vir ons voorsien. Bid saam met jou kleuter en sê dankie daarvoor.
Geseënde dankie sê week vir jou en jou kleuter!
Charmain Maritz, Little Zone Onderwyser
Little Zone
As jou kind tussen die ouderdom van 2-6 jaar is, is jy deel van ons Little Zone bediening. Hier fokus ons op ouderdomstoepaslike bediening deur middel van kreatiewe lesaanbieding. In hierdie ouderdomsgroep word Bybelstories as grondlegging gebruik om kinders gereed te maak vir geestelike groei.
Little Zone is die wegspringblokke vir ons kinderbediening, dis 'n plek waar klein mensies Jesus ontmoet om eendag 'n groot verskil te maak.
Sondag 29 Julie
Sondag 22 Julie
Vakansie Samevatting
No comments:
Post a Comment