Hi, ek is Jani Bravenboer en getroud met Martin Bravenboer. Ons het twee dogtertjies, Anke(2) en Lia(10 mnde). Ek is oorspronklik 'n plaasmeisie van Magaliesburg en is baie lief vir my familie, vriende en koffie.
My rol by ons kinderbediening is twee-ledig. Ek neem verantwoordelikheid vir ons 2-6 jaar bediening (Little Zone) en ook Ouerversorging.
Ek was nog altyd baie lief vir kinders. Ek glo dat God deur my 'n verskil in kinders se lewens wil maak en in hierdie seisoen leef ek my passie saam met die kinders uit. Ek droom om te sien hoe ouers intensioneel fokus op kinders en hulle geestelike groei na "City Changers", kinders wat 'n verskil maak in ons stad.
Kontak Jani by 012 362 1396 of 078 707 8792 of e-pos by janib@doxadeo.co.za
Hi, my naam is Magriet Erasmus. Ek glo God het ons geroep om elke oomblik van die lewe voluit te leef, dus of ek speel saam met kinders of droom oor waarvoor God die kerk geroep het...kom ons doen dit met passie en oorgawe.
My fokus in die kinderbediening is op die skole in ons omgewing asook die program by ons Gr 1-5 en Gr 6-7 bediening.
My passie is om die volgende generasie leiers te ontwikkel, om te sien hoe kinders met hulle onskuld, eerlikheid, liefde vir die woord en passie vir God en mense 'n verskil maak in ons stad.
Kontak Magriet by 012 362 1396 of 082 978 1725 of e-pos by magriete@doxadeo.co.za
Hi, my naam is Astri Saestad, ek is oorspronklik van Amanzimtoti en ek probeer om so gereeld moontlik by my familie (wat nog die see geniet) te gaan kuier.
Tans werk ek as
jeugwerker by ‘n laerskool in en is ook betrokke by die Gr 6 en 7 bediening by
die kerk. Ek is ook die aspirant skrywer wie se woorde julle weekliks lees.
Ek glo dat
kinders nie net die “toekomstige geestelike leiers” is nie, maar dat hulle wel
nou al reeds geroep is om die wêreld te wen vir Christus! Soos hulle sê,
“dynamite comes in small packages”. My droom is om te sien hoe kinders, ongeag
van hulle ouderdom, in geestelike reuse sal ontaard wat in outoriteit God se
liefde, wysheid en krag aan die wêreld sal uit leef.
Kontak Astri by 082 878 2779 of e-pos by astrisaestad@gmail.com
No comments:
Post a Comment