Gehoorsaamheid; ‘n
Baie sensitiewe saak in vandag se samelewing en ‘n groot probleem in skole. Dit
wil vir my voorkom asof baie ouers te sleg voel om hul kinders na ‘n lang dag
te dissiplineer en verwag dan van skole om hul kinders se dissipline te
handhaaf. God gee net een spesifieke opdrag aan kinders in die Bybel: Wees
gehoorsaam aan jou ouers. Dit is die enigste gebod met ‘n belofte en Paulus let
ons weer daarop in Efesiërs 6:1 “Kinders, omdat julle in die Here glo, moet
julle aan julle ouers gehoorsaam wees. Dit is mos die regte ding om te
doen.” Neem ons wel hierdie instruksie
ernstig genoeg op?
Hoe streng is jy
met jou kinders se dissipline? Laat jy soms toe dat hulle jou perke manipuleer? Kinders moet hul ouers gehoorsaam nie bloot
uit vrees nie, maar uit liefde, vertroue, en respek vir die outoriteit wat God
aan hul ouers gegee het.
Gehoorsaamheid
beteken om onderdanig te wees aan die woorde van iemand anders, of dit jou
ouers of God is. Jou kinders se gesindheid teenoor jou sal waarskynlik hul gesindheid
teenoor God in hul lewens weerspieël. God gebruik gehoorsaamheid as ‘n kanaal
vir Sy seëninge in ons lewens. Is hierdie nie waarvoor ons ons kinders oplei
wanneer ons hulle dissipline leer nie: om God se stem te kan hoor en
gehoorsaam, en nie op enige van Sy seëninge uit te mis nie? Watse maniere werk in julle huis om dissipline
te leer?
No comments:
Post a Comment