Ek weet nie van julle nie, maar ek sukkel om te weet wanneer
om ‘n kind te dissiplineer, en hoe. Ek is meeste van die tyd te bang om ‘n “move”
te maak, want ek is bang ek oorreageer.
Chip se advies om die situasie te asseseer is die volgende:
Eerstens, praat met die kind en waarsku hom. Bevestig of die fout opsetlik was of ‘n
onwetende misstap. ‘n Duidelike
waarskuwing oor die gedrag sal help om gevaar te vermy. Toepassing van
dissipline sal volg indien praat nie werk nie.
Tweedens, moet daar verantwoordelikheidsbesef geskep
word. Ek weet die eerste ding wat ons
almal altyd wil weet is “hoekom”, maar probeer om dit nie te gebruik nie, dit
maak die kind onmiddelik verdedigend en dit is wanneer hulle hulself begin
beskerm.
‘n Kortlikse voorbeeld van ‘n positiewe gesprek is soos volg:
“Niks. Almal het dit gedoen.”
“Wat het jy verkeerd gedoen? Wat was ons ooreenskoms?”
“Ek mag nie soontoe gegaan het nie. Ek was ongehoorsaam.”
Die doel is om jou kind te leer om verantwoordelikheid te
aanvaar vir dit wat hy gedoen het. Iets
wat ek al by die skool beleef het is dat kinders sal vra of jy hulle nog lief
het. Bevestig jou liefde vir jou kind en maak dit duidelik dat jou probleem by
die gedrag lê en nié by hulle identiteit nie.
Hoe sal jou kinders reageer as jy só met hulle begin praat?
No comments:
Post a Comment