So. Jou kind het so ver gegaan om ‘n pakslae te verdien, hy
huil, jy voel skuldig. Wat nou?
Chip Ingrim se voorstel het my nou weer onkant gevang en ek
moes ‘n rukkie dink oor hoe ek hieroor voel.
Wat hy met sy seun gedoen
het na ‘n pakslae was om hom op sy skoot te laat sit en klaar huil. Daarna het
hy hom weer gevra wat hy verkeerd gedoen het en of hy reg is om vir hom (Chip)
en God jammer te sê. Sy seun het gewoonlik besef dat daar nog iemand buiten sy pa
en God vir wie hy moet jammer sê, gewoonlik ‘n boetie of sussie en dit dan
gedoen. Sodra dit verby is sal Chip weer
met sy seun gesit het en sy liefde vir hom bevestig.
Kinders moet die pakslae met hul gedrag assosieer en nie met
hulle waarde nie. Hulle moenie om jou rondsluip met skuldgevoelens en
minderwaardigheid nie. Dissipline gaan mos oor jou kind se gedrag en nie hul
identiteit nie. Stem jy saam? Sal jy hierdie metode met jou kinders toepas?
Dit spieël ons verhouding met God nè ... om nie rond te sluip met skuldgevoelens nie, maar om op Sy skoot te sit en klaar huil en dan vir Hom (en ander) jammer te sê. EN te Weet dit verander nie Sy liefde vir ons nie.
ReplyDelete