Jou kind is weer besig om hulself te wangedra. Kom ons sê
hul is op die brink van ‘n “tantrum”. Jy
het reeds voorheen gewaarsku teen sulke gedrag en ‘n gesprek gehad om hul
verantwoordelikheid vir hul gedrag te leer; so wat nou?
Eerstens, moenie jou kind in die verleentheid bring voor hul
vriende of ander mense nie. Al wat jy bereik is om jou kind skaam te laat voel.
Gaan eerder na ‘n private plek toe soos ‘n slaapkamer of badkamer waar jy jou
kind se gedrag kan aanspreek.
Iets wat Chip voorstel om te doen wat vir my interessant is,
is om jou hartseer oor jou kind se gedrag vir jou kind te wys. Hy sê hy het al
menigde kere trane laat rol oor hul gedrag. Chip sê dit demonstreer aan kinders
God se hart wanneer ons sondig. God swaai nie sy vuiste rond elke keer as ons
iets verkeerds doen nie, inteendeel hy treur soos ‘n liefdevolle ouer. Sal jy
voor jou kind huil oor hul gedrag? Voel dit vir jou manipulerend of produktief?
Wanneer al hierdie voorstelle nie werk nie, sê Chip, is ‘n
pakslae in orde. Hy stel voor om te slaan met ‘n polsbeweging. Die doel van ‘n
pakslae is om vir ‘n kind vir ‘n klein rukkie ‘n pynlike afskrikmiddel vir
verkeerde gedrag te verskaf; nié om te beseer nie.
Met al die omstredenheid rondom fisiese tugtiging deesdae
wil ek graag hoor wat julle opinie hieroor is.
No comments:
Post a Comment